Siprus
Beskrywing
Cyprus
[Kypros], 'n eiland in die Middellandse See, met 'n byna reghoekige vorm en 'n lang smal skiereiland in die noordooste; die eiland beslaan 'n oppervlakte van 9601 km2; dit is deurspek met twee bergreekse, een in die noorde en een in die suide, en die vallei tussen hulle word deur die rivier Pidias in 'n oostelike rigting deurkruis. Daar was verskeie handels hawens op die eiland. Die oudste bekende bewoners was die *Kittim, verwant aan die vroeë bewoners van Griekeland [Gn 10:4]. Die hoofstad was destyds Kition. Dit is interessant dat keramiekware van Cyprus reeds in die vroeë Bronstydperk in Jerusalem gevind is en dat Cypriotiese wapens reeds deur Homeros besing is. Goliat se wapenrusting [1Sam 17:5 ] het baie ooreengestem met dié van die Griekse swaargewapende soldate, ingevoer vanaf Cyprus.
1 In die toerusting van Salomo se tempel kan ons Cypriotiese invloed sien. Voor Christus was die eiland agtereenvolgens in besit van die Hetiete, Fenisiërs, Grieke, Assiriërs, Egiptenare en Perse, wat daar koper gedelf en hout uitgevoer het. In 58 v.C. het die eiland 'n Romeinse provinsie geword. Die prokonsul het in Pafos gesetel. Herodes die Grote het die kopermyne vir 'n tydperk gehuur. In tye van voorspoed het Cyprus tot 1,000,000 inwoners gehad, waaronder later ook heelwat Jode. Die woude is mettertyd afgekap, sodat nou meer as die helfte van die eiland 'n dorre woestyn is. Die begin van die Christendom verskyn hier reeds voor die apostel Paulus [Hand 11:20 ]. Vriende van die vervolgde Stefanus het hierheen gevlug. Paulus se metgesel *Barnabas was van Cyprus afkomstig [Hand 4:36 ]. Ook Mnason, wat in [Hand 21:16 ] genoem word, was hiervandaan. Cyprus was die eerste stop van die apostel Paulus op sy eerste sendingreis, wat hy saam met Barnabas onderneem het [Hand 4:36 ; Hand 13:4 ; Hand 15:39 ].
Kittim, Kittiërs, Citim
afstammelinge van Javan [die Griekse Ioniërs, Ioniese], wat op Cyprus en ander eilande van die Middellandse See gewoon het [Gn 10:4; 1Kron 1:7 ; Jes 23:1 ,12; Jer 2:10 ]. Volgens [Eseg 27:6 ] was Citim [Kition, Larnaka] die eerste handelsstad in die Middellandse See [op Cyprus], wat deur die Fenisiërs gebruik is. [Dan 11:30 ] word deur sommige kenners - maar nie met sekerheid nie - op die Romeine van toepassing gemaak; in [Nm 24:24] meen baie uitleggers dat dit oor die Masedoniërs gaan.
Bybelse Woordeboek van Adolf Novotný
skakels
prente
Kaart
inligting uit woordeboek
Chittim
or Kittim, a plural form (Gen 10:4 ), the name of a branch of the descendants of Javan, the "son" of Japheth. Balaam foretold (Num 24:24 ) "that ships shall come from the coast of Chittim, and afflict Eber." Daniel prophesied (Dan 11:30 ) that the ships of Chittim would come against the king of the north. It probably denotes Cyprus, whose ancient capital was called Kition by the Greeks.
The references elsewhere made to Chittim (Isa 23:1; 23:12; Jer 2:10 ; Ezek 27:6) are to be explained on the ground that while the name originally designated the Phoenicians only, it came latterly to be used of all the islands and various settlements on the sea-coasts which they had occupied, and then of the people who succeeded them when the Phoenician power decayed. Hence it designates generally the islands and coasts of the Mediterranean and the races that inhabit them.
EBD - Easton's Bible Dictionary