Wadi Tumilat
Beskrywing
Wadi Tumilat (Ou Egipties Tjeku/Tscheku/Tju/Tschu) is die 50-kilometer-lange droë rivier vallei (wadi) oos van die Nyl-delta. In die prehistoriese tyd was dit 'n sytak van die Nyl. Dit begin naby die moderne dorp Zagazig en die antieke dorp Bubastis en gaan oos na die gebied van die moderne Ismaïlia.
In antieke tye was dit 'n belangrike kommunikasie-ader vir karavaanhandel tussen Egipte en punte na die ooste. Die Kanaal van die Farao's is daar gebou. 'n Bietjie water vloei steeds langs die wadi.[1] Die huidige Soetwaterkanaal vloei ook langs die wadi.
Wikipedia