Capua
Beskrywing
Die oorspronklike stad is waarskynlik deur die Etruskers rondom 600 v.C. gestig, 4 km suidoos van die huidige stad, waar Santa Maria Capua Vetere vandag geleë is. Ou Capua is in die 9de eeu verlaat na die inval van die Saracene en is gou deur die Lombarde herstel.
Daar is 'n brug uit die Romeinse tyd in die stad, sowel as 'n middeleeuse katedraal en 'n kasteel.
Die beroemde Romeinse pad Via Appia het in die stad geëindig.
Wikipedia